We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Abba

by Harmonet

/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    Purchasable with gift card

      $12.99 USD  or more

     

1.
Ek het jou in my lewe Ek het jou in my hart Jy is verantwoordelik vir vreugde En verbanning van smart Daarom sien jy die lig In my oë en gesig. Ons het 'n toekoms wat voorlê Dis 'n toekoms wat blink Met asem wat vlak lê soos ek In jou liefde verdrink Daarom voel jy my mond Teen jou lippe, volrond En ek sing nou, ja ek sing net vir jou Ek belowe, my hart vir ewig getrou En ek dans nou, ja ek dans net vir jou En ek sê dit, ek bely my liefde net gou Jy laat my sing Jy laat die beste uit my voortspring en ek Gee jou my hart
2.
Soos dit is 04:11
Ek wil jou nog hê al is jy die een wat ta-ta sê Ek wil joune wees al is alles om ons besig om te breek Ek sien nog ‘n toekoms al lyk die opdraand styl Ek glo in ons toekoms al wil jy nie langer bly Soos dit is Is daar nog veels te veel wat ek en jy kan deel Is daar nog iets om op te bou Soos dit is Gaan ek nie staan en aanskou hoe jy ons liefde wantrou ons het te veel om voor te leef Soos dit is Ons kan dit laat werk kom ons kyk hoe ons die band weer kan versterk Vir ewig en altyd dit kan ons s’n wees dis wat ons kan bereik Ek sien nog ‘n toekoms ons moet opkyk vir ons krag Ek glo in ons toekoms o ek kan nie langer wag
3.
Dis ‘n heerlike dag Kinders speel en lag In ‘n parkie blom ‘n bloeisel Daar’s ‘n lied in my hart Soos die Son in die lug Nes ‘n arend se vlug Het jou liefde my bo storms uitgelig Niks meer donkerwolke Niks meer donderstorms Net die skoon blou hemel bokant my Jy’t my hart verower Geheel en al betower Die liefde binne my weer laat herleef
4.
Warrel 04:23
Vanaand, vanaand is die aand Vir ‘n lekker kuier sessie onder die maan Maar ek voel woestyn in my mond Want jy het opgedaag En die vlinders opgejaag En jy warrel, warrel, warrel rondom my en ek sukkel om te verstaan Hierdie nuwe gevoel diep binne my gooi my appelkar op sy sy En jy warrel, warrel, warrel rondom my my hormone loop deurmekaar Soos pap in ‘n sak Soos ‘n uitgespoegde twak Is my weerstand erg verward En nou wat maak ons nou. Ek kan sien dat jy ook wonder want jy pronk soos ‘n pou Sal ons, hierdie paaitjie verken Sê my tog wat jou hart voel want jou oë is ‘n diepe poel
5.
Ek voel elke dag se vreugde, ek sien elke dag se lewe Elke dag is nuut geskep vir my Ek kies elke dag die lewe, ek voel elke dag se vreugde Elke dag is nuut geskep vir my Hoe sal ons die mas opkom Hoe sal ons die sak met die sout opeet Hoe sal ons die wa deur die drif trek sonder die vreugde Vreugde is my anker Dit hou my veilig wanneer alles om my wankel Dit gee my hoop Vreugde is my sterkte Dit staal my hart en dit sit murg in my gebeente Dit is my krag Daar is elke dag die keuse om te sterwe of te lewe Elke dag, van voor af, moet jy kies So jy't elke dag die keuse, of vir trane of vir vreugde Elke dag, van voor af, moet jy kies
6.
En jy loop al lank al rond met die seer in jou hart wat jy graag sou wou los as jy kon ‘n diepe wond Wie te vra en wat te doen want jy weet dat die antwoord veel dieper lê as net vel dit weet jy wel. Is jy ooit al oorval, is jy ooit al bekruip Is jy ooit al verras deur die liefde Het jou oë al geblink, het jou hart al versag Is jy ooit al geraak deur die liefde Alle mense soek en talle mense sterwe sonder die liefde Alle mense soek en alle mense nodig ewig die liefde As jy voel die lewe druk en jy soek na ‘n plan wat sal werk as die storms druis teen jou wankelhuis Sluit jou oë, maak oop jou hart Want die antwoord wat jy na soek is hier binne jou verstaan jy nou?
7.
Feëverhaal 04:04
Onthou jy nog die dag daar op die strand Jy wou jou glimlag skaam versteek maar dit het klaar my hart gesteel En kaalvoet drentel ons twee hand aan hand ‘n Oomblik in jou oë verdwaal voel soos ‘n leeftyd saam gedeel Die liefde het gedraai geswaai ons lewens deurmekaar kom waai Jy was die feëprinses hier in my fëeverhaal Die winde van verandering het ons twee bymekaar gebring En so het jy my lewenslegkaart kom voltooi Sal ons twee ooit vergeet Die brief bring slegte nuus uit Amsterdam Die boodskap skeur jou hart in twee al wil jy bly jy sal moet gaan Jou tasse is gepak die trein is hier ‘n Laaste soen met trane deel hoe sal ons paaie ooit weer kruis Die lewe het gedraai geswaai ons liefde deurmekaar kom waai Waar is my feëprinses waarheen het sy verdwaal Die winde van verandering het ons twee uitmekaar gedwing En daarom is my lewenslegkaart onvoltooid Sal ons twee nog onthou Sal liefde weer kom draai en swaai ons lewens na mekaar kan waai Ek mis jou feëprinses kan ek jou maar kom haal Sal winde van verandering ook ons weer bymekaar kan bring En so kan jy my lewenslegkaart weer voltooi Sal ons twee weer ontmoet Sal ons ooit weer ontmoet
8.
Abba 02:42
Abba Father how I love you Lord You mean so much to me Jesus I will sing Your praises From the cross You rescued me You deserve the glory You deserve the honour We will lift You higher We will shout and sing Alpha and Omega Lily of the Valley Awesome and Almighty Let our voices ring
9.
In die kring van 'n Engelkoor Sing ek my liefdeslied U vrede wat oor my spoel Laat my veilig voel Genade en liefde gee U elkeen van ons Almal sing saam hoe groot is U Naam U is Heer U liefde is woordeloos U het die prys betaal Om elkeen van ons te red Ons sondeskuld verhaal Wie gaan vir U opstaan Heer U Naam bely Ek het besluit vir U heerlikheid Heer ek gaan U's die Een waaraan ek vashou as ek op wil staan U's die Een wat my in U hand hou Heer as ek wil val Met my mond bely ek Skepper Ek wil die wêreld van U vertel Ek weet U lewe Heer U's my krag In die kring van 'n Engelkoor Sing ons 'n loflied Heer Ons almal wil U hulde bring En sing tot U eer Genade en liefde gee U elkeen van ons Almal sing saam hoe groot is U Naam U is Heer
10.
Jesus my Lord of all My Saviour and my King You're my everything Jesus it's to You I bring My praises and my love You reign from up above And I love You Lord I love You more than this old world I'll praise You every day of my life You are worthy You are wonderful You are Lord and You are God Jesus thanks for everything The flowers and the trees For giving life to me Jesus I humbly bow my knees In thanks Giving praise to Thee You made all to be And I love You Lord
11.
Hier op die lewens golwe in die magtige oseaan Het ek my siel geanker in Jesus my Heer Beproewings die omring my en storms val my aan Ek rus in Sy genade en vertrou Hom meer Geanker in Jesus as ek deur storms gaan Geanker in Jesus as die golwe om my slaan Geanker in Jesus in Sy krag kan ek bly staan Geanker in die rots van die eeue Hy lei my uit gevare en gee my vrede soet Sy stem bring altyd stilte en rus in my gemoed Want Hy bestuur my lewe en Hy ken die mens so goed En wanneer ek Hom aanroep is Hy gereed
12.
Ons leef weer in die dae van Elia Ons sien weer die wonders van God Weer soos in die dae van Jesus en Moses Die koninkryk het naby jou gekom Al is hierdie dae van oorlog Verdrukking hongersnood pyn Maak reguit die pad van die Here Ons is die stemme wat roep in die woestyn Want kyk Hy kom met krag en majesteit Soos die glans van die son Met die klank van die basuin Ek hoor die stem van my God Hy roep die dooies uit Met krag en heerlikheid Uit die grafte staan hul op Onthou jy die woorde van Esegiel en Joel Dooie bene en die reens wat kom Hierdie is die dae van Dawid U dienaar Bou n tempel van lof vir ons God Hierdie is die tye van verkwikking Dit skyn van die aangesig van God Al die mense word geroep tot bekering Geroep om om te draai na Hom Daar's niemand soos my Jesus Daar's niemand soos my Jesus Daar's niemans soos my Jesus nie Hy wat was Hy wat is Wat sal wees Hy wat kom
13.
Daar is 'n nuwe generasie Wat opstaan in ons land Hulle kreet is Jesus Hulle hart is aan die brand Hulle voete is bereid Om te loop waar Jesus loop Hulle harte is bereid Om te glo in God se woord Daar's 'n nuwe generasie in ons land Hulle glo in Jesus Hulle glo in sy naam Daar's 'n nuwe generasie in ons land Hier kom ons hier kom ons n Nuwe generasie Ons is die nuwe generasie Wat opstaan in ons land Ons kreet is Jesus Ons hart is aan die brand Ons voete is bereid Om te loop waar Jesus loop Ons harte is bereid Om te glo in God se woord Mense wat roep na Jesus Mense wat soek na Hom
14.
Nuwe lewe, Here gee U my nuwe vrede Want U maak my vry van die bande Waarmee die vyand my wil bind Nuwe toekoms, ek is in U hand Met die wete, U is aan my kant In oorwinning sal ek veraltyd triomfeer U het my uit die put van dood gehaal Aan die kruis het U al my skuld betaal Deur U bloed is ek silwer skoon gewas Ek is vry deur Die Gees wat in my bly
15.
Jesus, die sterke leeu van Juda Jesus, die vlekkelose lam Jesus, oorwinnaar oor die dood Jesus, U is oneindig groot U's vir ewig, U's vir altyd En ek weet U's ook vir my word verheerlik, word verhoog deur al die lof wat juig in my Kom verander, kom vernuwe weer die passie binne my Jesus, dit gaan alles net oor U Jesus, Jesus, Jesus, Jesus Jesus, U is oneindig groot
16.
Daar is niks in hierdie lewe Daar is niks op hierdie Aarde Daar is niks in al die Hemele bo U Daar is niks in hierdie lewe Daar is niks op hierdie Aarde Daar is niks in al die Hemele wat vir my meer beteken As U meer as U Niks meer as U meer as U
17.
Jesus, Jesus die een na wie ek smag Jesus, Jesus ek bring vir U my hart Wat oorloop van liefde en groot bewondering Ontvang nou my offer van woorde as ek sing Ek het U lief o Heer, ek het U lief o Heer Met alles in my, met krag en verstand Het ek U lief
18.
It's crowded in worship today As she slips in trying to fade into the faces The girls’ teasing laughter is carrying farther than they know Farther than they know But if we are the body Why aren't His arms reaching? Why aren't His hands healing? Why aren't His words teaching? And if we are the body Why aren't His feet going? Why is His love not showing them there is a way? There is a way A traveler is far away from home He sheds his coat and quietly sinks into the back row The weight of their judgemental glances Tells him that his chances are better out on the road Jesus payed much too high a price For us to pick and choose who should come And we are the body of Christ Jesus is the way
19.
Ons sing Hosanna, Hosanna in die hoogste Ons sing Hosanna want die Koning het gekom En Hy is hier vir ons Ons sing Hosanna want God het ingetree Ons sing Hosanna Hy’t Sy lewe kom gee Hy is hier vir ons Die Koning is hier die Koning is hier Here Jesus U is die Koning van my lewe. Die Koning is hier, die Koning is hier Here Jesus U is die Koning van my hart Ons sing Hallelujah want God is op die troon Ons sing Hallelujah want die Dood het verloor By die Kruis van Jesus Ons sing Hallelujah, want die lig het gekom Ons sing Hallelujah, daar’s lewe deur Hom Hy’t gekom vir jou en my
20.
I see You Lord in the most holy place Where Angels tremble and bow down in worship I stand in wonder longing to draw near You catch my eye and You call me in I fall down In awe of You I fall down In awe of You

credits

released May 26, 2012

Stemme: Harmonet (Lizanè Van Wyk, Marena Steyn, Morné Pretorius, Riaan Eloff)
Dromprogrammeering groepliede: Corné Dannhauser
Dromme solo liede: Theuns Botha
Baskitaar: Corné Dannhauser
Kitare groepliede: Corné Dannhauser
Kitare solo liede: Joshua Oosthuizen
Klawers: Riaan Eloff
Musiekverwerking groepliede: Corné Dannhauser en Riaan Eloff
Stemverwerking groepliede: Riaan Eloff en Harmonet
Alle verwerking solo liede: Riaan Eloff
Produksie: Riaan Eloff
Opgeneem by: Studio 1 www.studio1.co.za

license

all rights reserved

tags

about

Harmonet Pretoria, South Africa

HARMONET is 'n vokale groep met 'n baie sterk ABBA invloed. Dit bestaan uit drie sangers, wat elk ook 'n solo sangloopbaan uitleef, en wat saam optree onder die naam HARMONET. HARMONET het onlangs hul debuutalbum, "ABBA", vrygestel en is tans besig om landswyd op te tree. ... more

contact / help

Contact Harmonet

Streaming and
Download help

Report this album or account

If you like Harmonet, you may also like: